• GTR Botaniese Tuine12
  • GTR Botaniese11
  • 408669 2753706936246 1664859597 2561332 1803631511 n
  • 309653 10150308677675969 611530968 8473941 714946993 n
  • 428010 10150578156912183 685072182 9006014 317426885 n
  • 223788 10150335012758524 788353523 9564073 531847 n

Trailrunning is lankal nie meer beperk tot die enkelinge wie se soeke na avontuur en alternatiewe hardloop ervarings hulle weglok van die teerpaaie en strate na ongebaande terreine, berge en dale en wonderlike natuurskoon nie. Die belangstelling in trailrunning groei ongekend onder hardlopers met verskillende doelwitte en hier by ons in die Suid-Kaap het dit behoorlik vlamgevat die afgelope tyd.
‘n Uitvloeisel hiervan is dan die totstandkoming van die Garden Route Trail Running Group of GTR, ‘n informele groep waar hardlopers met dieselfde belangstelling op ‘n baie informele en sosiale vlak aan die sport kan deel neem. GTR is nie ‘n geregistreerde hardloop klub nie en is nie formeel aan enige hardloopklub verbind nie, maar wil graag trailrunning vir meer mense moontlik maak deur die koördinering van die training runs en events.  Die groep het aanvanklik bekend gestaan as die George Trail Running Group (GTR) en het ook ‘n e-pos adres en Facebook blad onder die naam.  Groot belangstelling is egter ontvang van hardlopers so wyd as Knysna, Mosselbaai/Hartenbos en Oudtshoorn, en gevolglik is dit goed gedink om almal nou in te sluit onder die vaandel van Garden Route Trail Running Group, nogsteeds kortliks GTR.
Om seker te maak dat niemand egter uitgelaat word nie, wil ons graag ook ‘n adreslys opbou van almal se e-pos adresse en selfoonnommers. In antwoord op hierdie skrywe word almal versoek om hulle details deur te stuur en aan te dui of kommunikasie by wyse van e-pos verkies word. Die adres:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . Toegang tot die adreslys sal met diskressie hanteer word en nie beskikbaar gemaak word vir bemarkingsfoefies nie. Die idee is dat trail runs beplan word vir naweke om aan hardlopers met verskillende doelwitte die geleentheid te gee om hulle voorbereiding te doen of net die geleentheid te kom geniet.. Reëlings in die verband sal gereeld gekommunikeer word aan lede van die groep. Die idee is verder dat die groepsaktiwiteite spontaan sal ontwikkel en daarom word insette van almal rakende events natuurlik verwelkom.
GTR het alreeds ‘n hele aantal baie suksesvolle naweek runs gehou in die omgewing, meestal op Sondae vanweë die geskeduleerde padwedlope op Saterdae.  Tekkie Town en Merrell het ook intussentyd na vore getree as borge vir van die groepsaktiwiteite, waaronder die weeklikse tydtoets oor ongebaande terrein wat deur Tekkie Town geborg word.
Die weeklikse trail time trial sluit ‘n 4km en 6km sirkel roete in en die eerste amptelike timetrial het reeds op Donderdag, 23 Junie 2011 plaasgevind.  Time trials word  elke Donderdag om 17:45 pm vanaf die George Botaniese Tuine gehou en die roetes is gemerk.  Almal is natuurlik baie welkom om deel te neem.
GTR wil baie graag kontak maak met belangstellendes in die trail running in ander areas van die Tuin Roete (Knysna, Sedgefield, Wildernis, Glentana, Hartenbos, Mosselbaai, Oudtshoorn) om sodoende meer mense tot die sport te lok.